David Lynch, skepper van een watdefok-fliek ná die ander

ONTWYKENDE VRIEND IN DIE FILMWESE

David Lynch, skepper van een watdefok-fliek ná die ander

Afrikaanssprekendes in die film- en musiekbedryf vertel aan CELESTE THERON watter verrassing die begaafde filmmaker en kunstenaar vir hulle was toe hulle sy werk die eerste keer sien en hoe hy hulle meegesleur het met sy sprong uit die tagtigs se veilige middelklas-TV na ’n ‘surrealistiese meta-trip deur die Amerikaanse droom'.

DAVID KEITH LYNCH (20 Januarie 1946 – 15 Januarie 2025), ons vreemde, ontwykende vriend in die filmwese, is onlangs dood weens komplikasies van emfiseem, nadat hy sy huis moes verlaat weens die wegholbrande in Los Angeles, Kalifornië. Hy was 'n buitengewoon begaafde filmmaker, kunstenaar, skrywer, musikant en akteur wat met sy sagte geaardheid en die innemende blik in sy blou oë diep gedelf het onder die tektoniese plate van ons onderbewussyn. Sy werk bly kleef aan jou gedagtes; sy kenmerkende drogbeelde bly dreigend op die oppervlak van die mees alledaagse tonele.

Lynch het bekendheid verwerf vir sy surrealistiese, droomagtige styl wat die tradisionele wyse van storievertelling uitdaag deur sy verhale voortdurend saam te weef met die goue drade wat hy probeer trek uit sy onderbewussyn met meditasie, koffie en sigarette. Met sy geesdrif en kinderlike bewondering vir die lewe het hy 'n nagmerrie-kuns geskep in die droomlandskap van films en televisiereekse soos Eraserhead (1977), Blue Velvet (1986), Mulholland Drive (2001), en Twin Peaks (1990-91). Die onheilspellende atmosfeer vermeng met tonele van alledaagse Amerikaanse huishoudelikheid is wat sy films so aangrypend maak.

Sy werk het gelei tot die byvoeglike naamwoord Lynchian, opgeneem in die Oxford English Dictionary. Met sy innoverende benadering het hy nie net 'n toegewyde kultusaanhang verwerf nie, maar ontelbare filmmakers en kunstenaars beïnvloed. In 'n loopbaan van meer as vyf dekades het hy talle toekennings ontvang, insluitend die Goue Leeu vir Lewenslange Prestasie by die Venesiese Filmfees in 2006 en 'n ere-Oscar in 2019...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.