Wie sit agter Trump se intimidasie van Suid-Afrika?

LAND NOU 'N TEIKEN

Wie sit agter Trump se intimidasie van Suid-Afrika?

Pres. Donald Trump se bisarre, feitvrye afdreiging van Suid-Afrika het nie sommer laas week in sy agterkop ontstaan nie. Dit is die inisiatief van alt-regse oud-Suid-Afrikaners in Amerika en hulle geesgenote alhier wat hulle aanpor: die Solidariteit Beweging, dalk selfs elemente in die DA, skryf MAX DU PREEZ. Solidariteit is selfs op pad Withuis toe, sê Flip Buys.

DIE wêreld het onderskat hoe ekstreem Donald Trump se grootheidswaan is. Sy outoritêre binnelandse optrede en sy blatante afpersing en minagting van ander lande se soewereiniteit soos in sy eerste twee weke as president gedemonstreer, gaan nog die wêreld op sy kop keer.

Naas Mexiko, Kanada en China is Suid-Afrika duidelik 'n teiken van die Trump-administrasie. En ons gaan die pyn voel.

Die kanse dat die Agoa-handelsooreenkoms later vanjaar hernu gaan word, moet nou as na aan zero beskou word. Die steun aan HIV/Vigs-inisiatiewe en aan navorsing by Suid-Afrikaanse universiteite gaan waarskynlik ook grotendeels opgeskort word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.