’n Woordeboek in C-sharp

IN TV SE JONG DAE

’n Woordeboek in C-sharp

TV-kykers het in 1980 aan die bokskampioen Mike Schutte se lippe gehang, 'n nederige mens wat plat-op-die-aarde-stories aangrypend kon vertel. Hy het ’n woordeboek vol stories gehad, onthou JAN HORN.

OP 'n salige Sondag verlede jaar, 14 Julie om presies te wees, krap ek deur my ou TV-dokumente van donkiejare gelede. Op daardie dag, 16 jaar gelede, is die bokslegende Mike Schutte oorlede. My gedagtes het teruggegaan na nog meer donkiejare tevore toe ek die regisseur van die TV-program PG Gesels was.

Dit was die eerste van hierdie soort geselsprogramme op Suid-Afrikaanse televisie en met die geniale PG du Plessis as onderhoudvoerder, ’n groot sukses. Nadat ons deur ’n dosyn BBP’s gewerk het, politici, akademici, puik sportmanne en -vroue, skrywers, akteurs en dramaturge, sê ek vir PG die program was tot dusver gelaai met swaargewigte, ons het ’n ligter aanslag nodig. PG was nie baie entoesiasties nie, want hy het die gesprekke, en ontmoeting, met die hooggeplaastes baie geniet.

“Soos wie?” vra hy...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.