Middelmatig-moedeloos is dik vir vriende se gespog

HELP, HENRIETTA

Middelmatig-moedeloos is dik vir vriende se gespog

Ontmoet HENRIETTA, Vrye Weekblad se nuutste rubriekskrywer met raad vir dinge wat kwel.

Help, Henrietta! Wat moet ek doen aan vriende wat onophoudelik spog oor hul erg begaafde kinders? Want elke liewe keer sit ek daar en luister en knik en glimlag terwyl ek tot satwordens toe moet aanhoor hoe onderwysers, professore en sportafrigters swymel oor hul slim, sportiewe, musikale, fotogeniese en natuurlik lieftallige telge. En dit voel of ek in ’n boog gaan opgooi, veral as dit met ’n bejammerende blik in die oë gepaard gaan.

En as dit nie in ’n gesprek is nie, is dit op Facebook: die een foto ná die ander van bekers, trofees, medaljes. Veral die mammas wat vir Liewe Jesus dankie sê elke keer as hulle kinders iets wen, al is Liewe Jesus nie Facebook-vriende met hulle nie.

My kinders het geen spesiale talente nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie; ek is baie lief vir hulle. En ek is blerrie trots as hulle ’n C-span haal. Of by die huis kom sonder dat hulle ’n bak kos oor hulle skoolbaadjies omgekeer het. Ook as hulle ’n slag 'n handdoek optel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.