Saluut aan sabelsterk, tydlose Sandra

IN DIE VEL VAN SUSAN NELL

Saluut aan sabelsterk, tydlose Sandra

Francois Smit se Kamphoer is ’n kragtige verhaal. Sandra Prinsloo oorrompel gehore in die verhoogdrama Kamphoer – die verhaal van Susan Nell. MICHÈLE MEYER het met Sandra by Aardklop gesels.

“SANDRA is ’n tour de force, dis nou maar net so.” So vertel Ruda Landman my van haar belewenis van Kamphoer tydens die Vrystaat Kunstefees in Junie in Bloemfontein. Geesdriftig beskryf sy Sandra se fisiekheid, die intensiteit van die 70 minute lange toneelstuk.

By die gastehuis in Potchefstroom waar Sandra tydens Aardklop tuisgaan, wag ek by die lang tafel in ’n ruim vertrek wat moontlik vroeër ’n breë stoep was. Op presies die afgespreekte tyd skuif Sandra die swaar glasdeur oop. Haar teenwoordigheid vul onmiddellik die plek met liggewende energie.

Ek het nie besef sy is so klein nie. Ook nie dat haar oë só ysblou skyn nie. Sy sit fier aan die kop van die tafel. Dat sy reeds sewe dekades sien kom en gaan het, lyk onwerklik. Ek voel ek sit langs iemand met ’n uitsonderlike teenwoordigheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.