Joseph Shabalala is huis toe

LADYSMITH BLACK MAMBAZO

Joseph Shabalala is huis toe

Jy ken waarskynlik die woorde van minstens een Ladysmith Black Mambazo-song, maar dalk weet jy nie regtig wie Joseph Shabalala was nie. ROB ALLINGHAM vertel Suid-Afrikaanse musiek se grootste suksesverhaal in dié huldeblyk aan ’n musiekgenie wie se stem die afgelope week stil geword het.

  • 14 Februarie 2020
  • Mense & Kultuur
  • 12 min om te lees
  • artikel 25 van 25
  • Rob Allingham

JOSEPH SHABALALA, ’n Suid-Afrikaanse musiekgenie en leier/stigter van Ladysmith Black Mambazo, is op 10 Februarie 2020 oorlede. 

Geanker deur Joseph se oombliklik identifiseerbare stem – ’n instrument van sagte maar deurdringende timbre – met as verruklike teëwig die soepel a cappella-harmonieë van sy agtergrondsangers, het die groep musikale en kommersiële prestasies behaal wat nie maklik in die voorsienbare toekoms deur enige ander Suid-Afrikaanse groep of kunstenaar geëwenaar sal word nie.

Bhekizizwe (“Sien om na die nasie”) Joseph Shabalala is in 1941 op die plaas Tugela naby Ladysmith gebore. Sy ouers was arm plaaswerkers en deel van ’n landelike Zoeloe-kleinboerestand wat lank reeds deur kolonialisme verdring is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.