Hoekom ek nie ’n Boeddhis is nie – ’n eiesoortige boekkommentaar

WÊRELDBESKOUINGS

Hoekom ek nie ’n Boeddhis is nie – ’n eiesoortige boekkommentaar

Sy mag haarself miskien nie ’n Boeddhis noem nie, maar sy is juis ’n beter wetenskaplike danksy Boeddhisme, skryf KAREN FITZGERALD. Sy praat hier oor Evan Thompson se jongste boek, Why I Am Not a Buddhist.

EK het lank getwyfel oor die titel van hierdie artikel omdat dit seker die verkeerde reaksie by my Tibettaanse vriende, meditasie-instrukteurs en hippie-vriende sou ontlok. En die Here hoor my, daarvoor sien mens nie nou in hierdie waansinnige virustyd kans nie.

Maar dis ook die titel van heel moontlik die beste boek wat ek sedert die aanvang van my doktorsgraad in die neurowetenskappe gelees het: Why I Am Not a Buddhist (Evan Thompson, 2020, uitgegee deur Yale University Press).

My tienerseun het droog opgemerk: “Maar Ma, jy moes hierdie boek eerste gelees het voor jy daai studie aangepak het.” Soos sy pa, Meneer Fitz, sien hy nie die doel van my doktorsgraad in nie. Vir hulle twee wat dink soos rekenmeesters, is Boeddhisme ’n mors van tyd en geld, want dit werk nie op ’n Excel-bladsy nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.