Oor die skadukant van Kaapstad

BENDES EN GEWELD

Oor die skadukant van Kaapstad

Met skole wat weens Covid-19 gesluit is en duisende ander jongmense wat geen kans het om werk te kry nie, word bendes vir die jeug al hoe aanlokliker. Uiteraard is dit ’n broeiplek vir geweld. Maar, sê DON PINNOCK, om die probleem werklik te verstaan moet ons in die agtergrond gaan delf.

EK het die volgende vertellings oor die lewe in Kaapstad jare gelede teëgekom en dit het hoekstene geword van my lang betrokkenheid by die onderwerp van stadsbendes. Dit verteenwoordig diverse, historiese oomblikke en stemmings in die geskiedenis van een van die mees gewelddadige stede ter wêreld. Dit het my laat besluit om Gang Town te skryf, in ’n poging om antwoorde te kry op vrae wat gestel word.

Die eerste beskrywing is deur die joernalis Brian Barrow wat in die 1960’s oor Distrik Ses geskryf het:

Kinders oral. Hulle skree, lag, fluit, terg, duik tussen ou manne se bene deur en hardloop tussen vinnig bewegende busse en motors wat hulle net-net mis, danksy hul vlugvoetigheid. Arm, ondervoede kinders, maar wat parmantig, vol selfvertroue, gelukkig en emosioneel geborge voel aan die boesem van hul somber omstandighede. Almal is lief vir hulle. Vir hulle, so wil dit voorkom, is elke volwassene op daardie straat net nog ’n moeder, nog ’n vader...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X