POLITIEKE NOTABOEK | Ons mis Van Zyl Slabbert se skerp brein

'N GOEIE VOORUITSIG

POLITIEKE NOTABOEK | Ons mis Van Zyl Slabbert se skerp brein

MAX DU PREEZ wonder of Frederik van Zyl Slabbert destyds die gemors van vandag voorsien het, gee Dali Mpofu ’n snotklap, en is opgewonde oor ’n Biden-Harris-presidensie.

AI, ek mis vir Van Zyl Slabbert. Ek sou wat wou gee om in vandag se deurmekaar Suid-Afrika sy skerp insigte te hoor. Hy was geseënd met ’n buitengewoon skerp, analitiese brein en ’n vreesloosheid om deur politieke korrektheid en raspolitiek te kon sny.

Van Zyl (Vên) het ’n groot rol in die ontwikkeling van my politieke denke gespeel, van die dag wat ek hom as ’n jong dosent aan die Universiteit Stellenbosch ontmoet het, en deur ’n lang vriendskap wat tot met sy dood in Mei 2010 geduur het. Hy het ’n sterk rol gespeel in die stigting van die oorspronklike Vrye Weekblad en was die voorsitter van ons direksie – hy het ook ’n keer of wat gehelp om my uit die tronk te hou. (PW Botha en Kie. het hom gehaat, maar tog ’n verskuilde respek vir hom gehad.)

En toe ek dié week deur my deurmekaar boekrak na ’n ander boek soek, kom ek af op sy 2005-boek, The Other Side of History: An anecdotal reflection on political transition in South Africa. Sy ou vriend Thabo Mbeki, wat later sy rug op Van Zyl gedraai het, was toe nog president...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.