David Kramer: Met deernis kom magic

OP SOEK NA KAROO-KUNSTENAARS

David Kramer: Met deernis kom magic

Dit was ’n uitsonderlike ervaring om saam met David Kramer na die sangers en kitaarspelers van die Groot Karoo, Namakwaland en Boesmanland te soek, vertel JAN HORN. David het ’n diep aanvoeling vir mense net soos hulle is – en hy is net so gemaklik met oom Tom Sas van Wupperthal as met Broadway se direkteurs.

EK ry met die kameraspan en David Kramer by Victoria-Wes in en vra waar tant Siena en oom Jan Mouer woon.

“Daar in die ou slaghuis in die lokasie,” sê die straatveër agter sy besem. “As my lanie nou ’n paar rand vir my kan las, dan wys ek sommer self die plek uit.”

Ons is hier om opnames vir die Langpad-reeks dokkies oor inheemse musiek vir kykNET te maak. David is die aanbieder. Terwyl Dirk, die kameraman, sy kamera en ligte opstel, gesels David met die Mouers. Oom Jan en tant Siena is aan die ou kant. Hy vra hulle om ietsie te sing. Tant Siena speel die kitaar met ’n vuurhoutjie wat kort-kort breek. Oom Jan slaan die snare soos ’n ou stoomenjin, tjoef tjaf tjoef tjaf. Agter hulle staan hulle dogter, Lena. Kop gekantel na een kant met uitsigloosheid in haar oë. Watter vooruitsigte het ’n jong meisie soos sy in elk geval in die lokasie – die nuwe naam is township – in Victoria-Wes. Die Mouers sing “Gaan my nie verby, o Heiland”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.