Van mieliepap tot poetoe en roosterkoek

FYNPROE

Van mieliepap tot poetoe en roosterkoek

NETTIE PIKEUR het wydlopende planne vir die eerste maaltyd van die dag.

TUSSEN poetoepap met suurmelk, koedoewors en Omelette Molière lê ’n wêreld se verskil, maar dis oral die eerste maaltyd van die dag. Ontbyt, oftewel brekfis. Engelse noem dit breakfast, die breek van die vas na die lang ure waarin jy niks geëet het nie.

Jy kan jou doodlag oor wat mense vir brekfis eet. Japannese meen ons Westerlinge ruik snaaks, want ons eet en drink melkprodukte, maar hulle eet nattō vir ontbyt. Ons hoor nattō is ’n vreeslike soort pap gemaak van gegiste sojabone of swartbone (wat jy met stokkies eet). Dis lang slierte geel of swart stroop wat hulle met smaak verorber, sommer vroeg in die oggend.

Onthou net, hulle dink spek en eiers met roosterbrood en marmelade sal net ’n growwe Westerling eet. En moenie praat van ’n jagter wat koedoelewer as deel van sy inisiasie moet braai en halfrou verorber nadat hy sy eerste bok platgeskiet het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.