‘Meubels’ wat nié vir die apokalips bedoel is nie

JACKSON HLUNGWANI

‘Meubels’ wat nié vir die apokalips bedoel is nie

Die kunstenaar Jackson Hlungwani was die soort visioenêr wat hom in die Weste in ’n museum of gestig sou bevind het. In ander dele van die wêreld sou mense hom eerder as byna heilig beskou het. MARK GEVISSER gee ’n blik op sy profetiese visie wat ons aanspoor om opnuut oor ekologiese rampspoed te dink.

TOE ek ’n seun was wat in die tyd van apartheid in Johannesburg grootgeword het, het “natuur” vir my die denneplantasies beteken wat my pa aan die Oos-Transvaalse platorand bedryf het. Ek onthou ek was so 10 jaar oud toe ek kaalvoet oor die tapyt van dennenaalde gehardloop het in die bome se gefilterde lig – bome wat in ’n geometriese oneindigheid uitgestrek en my met groot ontsag gevul het. As ek nou terugdink, is die enigste ander soortgelyke kindertyd-ervaring vir my toe ek saam met my pa in die Groot Sinagoge in Wolmaransstraat gesit en na die gewelfde plafonne opgekyk het terwyl die kantor sing.

Hoewel die woud en sinagoge nie die goddelikheid in my ontlok het nie, het dit wel vir my my eerste gevoel vir volume en van my plek in ’n groter wêreld gegee. ’n Mensgemaakte een, natuurlik, want ek het geweet my pa het die bome geplant en dat hulle vir die Acme-saagmeule in die Sabie-vallei bestem was. Daar het ek met ’n ander soort ontsag gekyk hoe die stropende masjiene hulle van hul statigheid ontneem en in gebruiksvoorwerpe verander.

Die majesteit van die woud..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.