Anton Lubowski, die mensliewende revolusionêr

UIT DIE ARGIEF

Anton Lubowski, die mensliewende revolusionêr

Ja, hy was eintlik ’n softie en ’n ‘wit Swapo’ en nie jou tipiese revolusionêr nie, maar bowenal het hy die lewe lief gehad. En hy het nie verdien om weens politieke haat in ’n polisie-lyksak voor sy eie huis weggedra te word nie. Só skryf MAX DU PREEZ in Vrye Weekblad van 15 September 1989 oor sy vriend Lubof.

ANTON LUBOWSKI was my vriend. Van al die mense wat ek ken, was hy seker die een wat die lewe die liefste gehad het.

Maandagaand het ek hom op televisie gesien toe hy die nuwe Swapo-aankomelinge op die Windhoekse lughawe gaan verwelkom het. Ses duim langer as enigiemand anders daar en met sy bos hare wat uittroon het hy vir Andimba Toivo ja Toivo eers met die hand gegroet en toe omhels. Ek het met 'n glimlag gedink: ja, Lubof. En ek het hom nogal gemis.

Dinsdagaand het iemand hom voor sy huis doodgeskiet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.