Winnie en moeilikheid was van altyd af maats

UIT DIE ARGIEF

Winnie en moeilikheid was van altyd af maats

In 1991 moes Nomzamo Winifred Zanyiwe (Winnie) Mandela en sewe ander aangeklaagdes weens onder meer Stompie Seipei se moord in die hof verskyn. Sy was ongetwyfeld een van die mees omstrede akteurs op Suid-Afrika se politieke verhoog. Haar doen en late was altyd nuus. In dié profielartikel vir Vrye Weekblad van 8 Februarie 1991 het AUDREY BROWN probeer vasvang wat agter die ‘ystervrou’ se helder, onverstoorde blik gesit het.

  • 22 September 2021
  • Mense & Kultuur
  • 7 min om te lees
  • artikel 7 van 10
  • Audrey Brown

NADAT sy die gebruiklike “amandlas" en “vivas" op die trappe van die Johannesburgse Hooggeregshof beantwoord het, stap Winnie Mandela met haar man aan haar sy deur die sekerheidshek, waar sy hoflik versoek word om haar handsak oop te maak. Sy doen dit sonder om te stry. Dis snaaks, want Winnie is nie een wat sommer maklik opdragte van polisiemanne uitvoer nie.

Sy is deftig geklee in 'n mosterd-en-vlootblou romp en baadjie, 'n glimlag op haar gesig terwyl sy na Hof4E stap waar sy en sewe ander verskyn weens aanklagte van menseroof en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die aanklagte spruit uit 'n voorval by haar huis in Diepkloof Extension in Desember 1988 waarin die 14-jarige Stompie Seipei dood is. Vier van haar medeaangeklaagdes verskyn nie saam met haar nie en niemand weet waar hulle is nie.

'n Groot groep ondersteuners en joernaliste sit reeds in die hof. Winnie gaan sit ook en begin onmiddellik met die drie ander aangeklaagdes, Xoliswa Falati en haar jong dogter Nompumelelo, en die middeljarige John Morgan, gesels. Hulle lag hartlik saam vir die stories wat Winnie vertel. Miskien klink die gelag net 'n tikkie te hartlik, dis moeilik om te sê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.