Die Hongaar, Ma Mashinini, Eugène Terre’Blanche en ek

IN DIE KOOKPOT VAN 1986

Die Hongaar, Ma Mashinini, Eugène Terre’Blanche en ek

JAN HORN vertel van die keer toe hy 'n buitelandse TV-span deur die onstuimige politiek van Suid-Afrika in 1986 moes begelei.

IN die kookpot van 1986 se politiek, die grensoorlog en eerste fluisteringe van ’n “nuwe Suid-Afrika” kom György Kalmár en sy kameraspan by my aanklop. Kalmár is een van Hongarye se voorste vervaardigers van TV-aktualiteitsprogramme. Ek noem hom sommer net George. My vriend Pieter Bezuidenhoudt, voorheen in die diplomatieke diens in Oostenryk, het György op my spoor gesit. In Suid-Afrika loop die spanning hoog en György en sy kameraspan is hier om ’n diepte-ondersoek te doen oor wie wat sê en watter kant toe Suid-Afrika gaan kantel.

Hy wil onder andere die AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, ontmoet en ook mense wat aan die struggle deelgeneem het, of nog deelneem. Genugtig, ek is ’n regisseur by 50/50, en glad nie in die daaglikse swaardgevegte van die nuusmense betrokke nie, maar skielik lyk dit na ’n uitdaging.

Eers die AWB. Ek maak kontak met Piet “Skiet” Rudolph in sy skuilplek hier in ons omgewing en sê die Hongaar wil met ET praat. Piet sê hy sal kyk wat hy kan doen. Om op te warm reël ek vir die Hongare om onderhoude met AWB-gesindes in ’n kroeg in Brits te gaan voer. Net om die waters te toets...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.