André P. Brink: ‘Dit was ’n helse hemel’

UIT DIE ARGIEF

André P. Brink: ‘Dit was ’n helse hemel’

‘Vir 'n skrywer is dit amper hemel op aarde om op dié historiese oomblik in Suid-Afrika te woon. Maar dit is 'n helse hemel.’ Só het André P. Brink in 1991 vir Vrye Weekblad gesê oor die afskaffing van apartheidswetgewing. CHRISTELLE TERREBLANCHE het destyds met hom gesels oor sy nuwe lewe in die Kaap, 'n kraaknuwe Afrikaanse roman uit sy pen en natuurlik ook oor die Nuwe Suid-Afrika.

  • 15 Desember 2021
  • Mense & Kultuur
  • 17 min om te lees
  • artikel 8 van 8
  • Christelle Terreblanche

DIT voel of hy uit ’n groef losgemaak is, sê prof. André P. Brink (56), wat onlangs van Grahamstad na die Kaap verhuis het om Engelse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad te doseer.

“Ek voel net asof ek soos ’n fontein skielik uitbars. Dinge gebeur in my en ek doen dinge nuut en ek wil nuwe dinge doen. Van die letterkunde het ek die laaste ses maande meer geleer as in die vorige 28 jaar. Eers as mens ná 30 jaar iets heeltemal drasties nuuts doen, besef jy wat ’n vernuwing dit in jou denke kan beteken."

Brink was voorheen 29 jaar lank hoogleraar in Afrikaans aan die Rhodes-universiteit. Met die pos in Engels kon hy sy ideaal vervul om Kaap toe te kom. Dit het vir hom “’n soort nuwe lewe” beteken. En om die daad by die woord te voeg, verskyn sy eerste Afrikaanse roman in agt jaar in September: Die kreef raak gewoond daaraan. Hy het dit in Kaapstad voltooi. Hoewel Brink se loopbaan sedert die jare vyftig uiters produktief was (met 12 romans, verskeie toneelstukke, kortverhaalbundels, literêre werke en talle ander agter sy naam), was sy pen sedert die vroeë jare tagtig besonder stil. In 1988 is sy enigste roman uitsluitlik in Engels, States of Emergency, met heelwat kritiek ontvang en as ’n soort “eksperimentele outobiografie” afgemaak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.