“IT'S a girl gang, girl gang…”, maal die refrein die laaste paar weke deur my kop. Vir die oningeligtes, “Girl Gang” is die temaliedjie van die Wêreldbeker-eendagkriekettoernooi vir vroue in Nieu-Seeland wat kanniedood-krieketliefhebbers tot Sondagoggend op onnatuurlike tye van die nag voor die TV laat naels kou het.
Dié liedjie van die Nieu-Seelandse sanger Gin Wigmore, met vrouebemagtiging as tema, is in Maart 2021 deur die Internasionale Krieketraad (IKR) as die toernooi se amptelike liedjie aangekondig tydens ’n geleentheid op die Mount Maunganui-strand (die toernooi moes weens Covid-19 met ’n jaar uitgestel word).
Wigmore, wat aan hoogtevrees ly, het met die Wêreldbekertrofee in haar arms met ’n valskerm op die strand geland. Gepraat van ’n voorbeeld vir die spelers stel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.