Ja, Slagplaas was ’n omstrede manuskrip.
Tafelberg het my drie jaar lank gelek om dit vir hulle te gee, ongeag die feit dat ek ’n bloutjie met hulle geloop het met Die hemel help ons. En toe ek teen my sin, en ná ’n aanbod van ’n voorskot, uiteindelik my manuskrip vir Tafelberg gee, het hulle gesê die seksuele is te erg in sekere van die verhale; hulle wou ook nie ’n sogenaamde senior skrywer wat by hulle publiseer, op wie se briewe een van die verhale dan kwansuis gegrond is, aanstoot gee nie; en hulle het ook nie die voorskot vir my gegee nie.
Omdat Taurus toe nie meer bestaan het nie, is ek Human en Rousseau toe ... Hulle was baie geesdriftig oor die manuskrip, maar soos dit hier te lande gaan – jy weet, ’n uitgewer hier is mos nie ’n ou wat sy eie besluite neem nie, die integriteit van die skrywer word, lyk dit vir my, nie juis erken nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.