In en om die wêreld: van trane in Irak tot ’n popster in die sop

EN IN ANDER NUUS ...

In en om die wêreld: van trane in Irak tot ’n popster in die sop

Irak se onstabiliteit lyk na ’n tragiese verhaal sonder einde, Oekraïne begin ’n langverwagte teenaanval, en in Madagaskar word 18 mense deur die polisie doodgeskiet nadat ’n kind met albinisme ontvoer is. ’n Türkiyiese popster is ook in die sop weens haar ‘geskertsery’.

Irak

Inwoners van Bagdad het gister wakker geword met die geluide van sporadiese geweervuur en ontploffings ná ’n nag van geweld in die Irakse hoofstad, berig Al Jazeera (https://www.aljazeera.com/news/liveblog/2022/8/29/iraq-unrest-live-blog-sadr-announces-hunger-strike). Minstens 30 mense is al dood en honderde beseer in die “Groen Sone” nadat die politiko-geestelike leier Moqtada al-Sadr via Twitter laat weet het dat hy die politiek vaarwel roep, en sy ondersteuners in reaksie die Republikeinse Paleis beset het.

Met die land wat nou al vir byna ’n jaar sonder ’n effektiewe regering sit, is die onstabiliteit erger as ooit tevore – buitelandse ambassades en buurlande is uiters bekommerd oor die jongste onrus, en daar is vrese van ’n volskaalse burgeroorlog. Irakse veiligheidsmagte het intussen die Al-Sadr-ondersteuners uit die Republikeinse Paleis, waar die premier se kantoor geleë is, sowel as die omliggende gebiede, gedwing...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.