×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Totsiens, kampvegter Serena, ons gaan jou mis

WAT IS VOLGENDE?

Totsiens, kampvegter Serena, ons gaan jou mis

Haar prestasies het vele swart vroue geïnspireer om ’n loopbaan in tennis te volg, maar haar invloed reik soveel verder as net die tennisbaan, skryf ANESCA SMITH aan die vooraand van Serena Williams se uittrede uit groot tennistoernooie.

DAAR is ’n onvergeetlike oomblik in ’n nuwe dokumentêr oor die lewe van die swart tennislegende Arthur Ashe waarin iemand hom vra of hy hom ooit vererg het vir die tirades en uitbarstings van John McEnroe.

“Ja,” antwoord Ashe, wat bekend was vir sy rustige uitstraling op die tennisbaan, “maar ek was meer jaloers op wat dit beteken het. McEnroe (as wit man) het die emosionele vryheid gehad om hom sleg te gedra.”

Twee dekades later, toe Serena Williams en haar suster Venus op die tennistoneel bars, moes hulle op die harde manier leer dat min verander het sedert die dae van Ashe en dat daar steeds ’n aaklige dubbele standaard heers. Nie net ten opsigte van ras – soos Ashe ervaar het nie – maar ook van geslag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.