’n Masker vir die koning en ’n nuwe Ferrari in die Fortuner se plek

WATWONDERS

’n Masker vir die koning en ’n nuwe Ferrari in die Fortuner se plek

'n Klompie dinge wat WILLEM KEMPEN die afgelope week interessant gevind het.

Eintlik gaan dit op die oomblik relatief goed met ons hier in Suid-Afrika: Uit die trifekta van 'n dodelike pandemie, skares wat ongehinderd strooptogte op winkels en fabrieke uitvoer, en ure sonder elektrisiteit elke dag, het ons vandeesweek net laasgenoemde. Goeie tye.

Covid-19 haal nie meer maklik die toptien van dinge waaroor ons bekommerd hoef te wees nie. In die VSA het pres. Joe Biden trouens Sondag verklaar (https://www.cbsnews.com/news/president-joe-biden-60-minutes-interview-transcript-2022-09-18/) dat die pandemie nou verby is, al sê baie kenners hy is voortydig. Waaroor hy wel beslis reg is, is dat Covid-19 “alles verander het": “ ... people's attitudes about themselves, their families, about the state of the nation, about the state of their communities. And so there's a lot of uncertainty out there, a great deal of uncertainty."

Baie van dié onsekerheid het te doen met die wantroue wat Covid-19  gesaai het reg van die begin toe ons die eerste keer gehoor het dat 'n nuwe soort coronavirus in China amok maak en reeds na die res van die wêreld begin versprei het. En toe volg 'n dodelike sirkusoptog – wat nog steeds nie verby is nie – van kenners wat teenstrydighede en halwe waarhede en selfs leuens verkondig, en 'n gerondvallery oor die beste manier om die pandemie te hanteer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.