Gupta-broers betrek by geldwassery vir internasionale dwelmbase

VERDOEMENDE GETUIENIS

Gupta-broers betrek by geldwassery vir internasionale dwelmbase

Die Gupta-broers Ajay en Atul is in ’n Amerikaanse hof betrek by die “skoonmaak” van miljoene Amerikaanse dollar vir een van die wêreld se berugste narko-smokkelaars, skryf JACQUES PAUW.

DIE name van die broers wat sinoniem met staatskaping in Suid-Afrika geword het, het in Oktober verlede jaar opgeduik in getuienis deur die berugte dwelmbaas Vijaygiri Anandgiri “Vicky” Goswami tydens 'n voorverhoor in die suidelike distrik van New York.
Goswami is 'n selferkende heroïen- en Mandrax-smokkelaar wat vir tye in Suid-Afrika gewoon het en onder meer by 'n moord in Soweto betrek word.
Die Amerikaanse regstelsel maak voorsiening vir 'n voorverhoor (grand jury) bestaande uit 12 tot 23 jurielede  wat getuienis onder eed en met geslote deure aanhoor om te besluit of iemand strafregtelik vervolg moet word. 'n Woordvoerder van die prokureur-generaal se kantoor in New York, James Margolin, het by navraag daarop gewys dat getuienis wat by so 'n verhoor gelewer word, vertroulik is.
'n Onberispelike bron het egter Goswami se getuienis oor die Guptas aan Vrye Weekblad bevestig.
Volgens Goswami se getuienis het die Gupta-broers die gewaste geld daarna in bankrekenings oor die wêreld heen gedeponeer.

Goswami is glo in 2013 deur 'n “ANC-intelligensie-persoon” aan die Gupta-vennoot Salim Essa voorgestel. Goswami het dié persoon geïdentifiseer as Thulani Dlomo, wat toe die hoof van die spesiale operasie-eenheid van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) was.

Dlomo, wat tot onlangs nog Suid-Afrika se ambassadeur in Japan was, maar teruggeroep is om verantwoording te doen oor beweerde bedrog en korrupsie waarby hy betrokke sou wees, is 'n vertroueling van oudpresident Jacob Zuma...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.