Weermag op die Vlakte

BENDEGEWELD

Weermag op die Vlakte

DIE afgelope naweek het 13 mense op die Kaapse Vlakte gesterf. Nou het genl. Bheki Cele, minister van polisie, aangekondig dat die weermag ingestuur word. Pres. Cyril Ramaphosa het dit klaar goedgekeur. Dit volg nadat die gemeenskap die afgelope twee jaar, maar veral sedert laas naweek se slagting, gesmeek het dat 'n noodtoestand in die provinsie uitgeroep word sodat soldate ingestuur kan word om net tog net íéts te doen. ERIKA GIBSON bekyk die argumente in die saak teen en vir die ontplooiing van die weermag.

VOORDAT  die weermag in enige gebied ter ondersteuning van die polisie ontplooi kan word, moet die polisie eers om hulp vra. Dit word ook as 'n soort erkenning beskou dat die polisie beheer verloor en dus militêre bystand nodig het.

Cele het tydens die mediakonferensie ná sy begrotingsdebat in die parlement gesê die soldate sal in die brandpunte ingespan word. Ramaphosa het dit goedgekeur nadat hy met Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die verdedigingsminister, vergader het.

Die soldate sal vir minstens drie maande gebruik word vir kordonne, klopjagte, waarneming en voet- of gemotoriseerde patrollies. Die lugmag sal ook lugsteun bied...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X