Magashule en Malema veg nou openlik saam teen Ramaphosa

VAL UITMEKAAR

Magashule en Malema veg nou openlik saam teen Ramaphosa

Die EFF en Ace Magashule se terugvegfaksie van die ANC span nou openlik saam om hulle gemeenskaplike vyand, die konstitusionaliste in die ANC gelei deur Cyril Ramaphosa, te beveg. Hoe meer die druk op die terugvegters toeneem, hoe meer desperaat en aggressief raak hulle, skryf MAX DU PREEZ.

EK het vroegweek al geweet ons kon 'n skerp nuwe aanslag van Magashule en Malema verwag. Dinge het vir hulle begin skeefloop:


Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is 'n integrale deel van hulle aanslag op Ramaphosa (sy beskuldig hom dat hy die Grondwet geminag het), maar Maandag het die konstitusionele hof haar in 'n skokuitspraak tot 'n leuenaar, oneerbaar en onbeholpe verklaar. Die einde van haar dae is nou in sig.
Ramaphosa het 'n baie geloofwaardige uitdaging aan Mkhwebane se bevindings oor hom tydens 'n nasionale televisie-uitsending aangekondig en daar was goeie rede om te glo die hooggeregshof sou teen die einde van die week 'n interdik teen haar bevindings oor minister Pravin Gordhan toestaan.
Floyd Shivambu, onder-leier van die EFF, het toe al die tyd skelmpies by die kastige Don van Witmonopoliekapitaal, Johann Rupert, gekuier, blyk uit 'n nuwe boek van die joernalis Pieter du Toit wat pas bekendgestel is.
Die Zondo-kommissie na staatskaping het begin om getuienis oor die ware verhaal, eerder as die fiksie van Mkhwebane se “ondersoek”, van die Estina melkplaasskandaal aan te hoor. Magashule en sy mede Gupta-luitenant Mosebenzi Zwane gaan nie met eer daaruit stap nie.
Pieter-Louis Myburgh van die eenheid vir ondersoekende joernalistiek Scorpio het verder in die gelekte Gupta-eposse gaan delwe en lig die sluier op nóg skelmstreke by die melkplaas en betrek weer vir Magashule en oudminister Tina Joemat-Pettersson.


Wit mense en Indiërs..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.