Pleisters vir ons doodspaaie

“IN GOD WE TRUST"

Pleisters vir ons doodspaaie

Nasionale paaie is nog gangbaar, maar provinsiale en plaaslike paaie is in 'n haglike toestand, skryf YOLANDI GROENEWALD. Kontrakteurs sonder vaardighede, saam met korrupsie, baantjies vir boeties en wanbestuur, laat sommige paaie haas onbegaanbaar – en al wat floreer, is die slaggate en “kruiwa-en-sement"-bedryf.

DIS sterk skemer op die afdraaipad na Rostrataville in Noordwes. Vrydagmiddag is hier, en al wat leef en beef is van Sannieshof onderweg om te gaan fuif vir die naweek. Taxi’s is volgelaai en musiek stroom by vensters uit.  Maar die mense se gesigte is strak. Al is dit nie ver om te gaan nie, moet hulle nog eers een van Noordwes se “doodspaaie” aandurf.

“In God we trust” lees een taxi se bufferplakker. Die bestuurders rook dat dit klap voordat hulle voor die stuurwiel inskuif. Op die Rostrataville-pad word die slaggate vertroetel soos babas; hulle word elke keer so 'n bietjie groter en vetter. Van tyd tot tyd daag 'n paar siele op met 'n bakkie, 'n roller en 'n paar sakke teer, maar boere tel stukke teer op van die pad waar die kontrakteur 'n week gelede glo besig was. Soms word daar sommer net oor die gat geverf.

In 2014 was dié pad 'n grap. In 2019 lag niemand meer nie. Dis 'n pad wat vermy moet word, waar jy jou lewe waag, maar op 'n Vrydagmiddag op pad na familie is daar geen uitkoms nie. Jy bid maar net dat die taxi wat op jou afpyl, jou en die slaggat sal sien. Jy koes hier, swenk daar en hoop met 'n vinnige skietgebed as jy wel 'n versteekte gat raak ry, dat jy tog nie hier in die middel van nêrens 'n pap band moet kry nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.