Kyk in die spieël, Suid-Afrika, en skrik

KEERPUNT

Kyk in die spieël, Suid-Afrika, en skrik

Suid-Afrika is dié week gedwing om in die spieël te kyk. Wat ons gesien het, is ’n nasie met ’n verontrustende kapasiteit vir onverdraagsaamheid, geweld en selfs anargie. Die res van Afrika en die wêreld het dit ook gesien. Die VRYE WEEKBLAD-SPAN gee konteks en soek antwoorde. Was die geweldpleging in Johannesburg en Pretoria dalk deel van 'n politieke komplot teen die Ramaphosa-regering?

  • 06 September 2019
  • Nuus & Politiek
  • 8 min om te lees
  • artikel 1 van 33
  • Vrye Weekblad-span

VOLGENDE week sal die plundery en aanvalle op vreemdelinge en die protesaksies oor geweld teen vroue verby wees, maar ons sal steeds weet dat wat dié week gebeur het, iets oor ons nasionale psige sê wat ons diep moet bekommer.

Ons wéét nou hoe maklik ons mense hulle tot sinnelose geweld wend. Ons wéét nou hoe uiters fragiel ons stabiliteit is. Ons wéét nou hoe uitgetorring ons nasionale weefsel is. Ons wéét nou dat as ons ekonomiese insinking voortduur en werkloosheid verder groei, dit net een of twee snellers gaan nodig hê om ons in landwye anargie te dompel. En ons wéét nou ons polisiediens is nie in staat om só iets te hanteer nie.

As daar ’n ligpunt in ’n week van anargie was, is dit die manier waarop tienduisende gewone mense spontaan na die strate en die parlement toe is om in harde woorde te sê die geweld teen die vroue van Suid-Afrika gaan nie langer geduld word nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.