AS jy 'n pistool teen my kop druk en my dwing om iets positiefs oor die Suid-Afrikaanse ekonomie te sê, sal dit wees: As dit nie vir Eskom se enorme skuld en onbetroubare lewering van elektrisiteit was nie, sou die groen lote van Ramaphosa se Nuwe Daeraad vandag al plek-plek bos gevorm het.
Ramaphosa en sy binnekring het die laaste 18 maande wondere verrig om die meeste vrot appels van die Zuma-era op die komposhoop te smyt. Maar met Eskom, die polsslag van die ekonomie, het hulle geen hond haaraf gemaak nie, selfs eerder agteruit geboer.
Beurtkrag kan glo nog baie maande lank voortduur. Elke dag se beurtkrag kos die reeds uiters fragiele ekonomie meer as R1 biljoen, sê ekonome...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.