Wie’t lesers nodig as jy politieke kapitaal het?

MEDIAKAPING

Wie’t lesers nodig as jy politieke kapitaal het?

Terwyl gedrukte koerante se lesers hul oë in alle erns na digitale media begin wend het, het ’n nuwe nuusblad hul oë toegeknyp en in 2010 op die Suid-Afrikaanse strate verskyn. Vir The New Age en die Guptas was dit inderdaad ’n nuwe era van belastinggeld opslurp, skryf YOLANDI GROENEWALD.

KOERANTE is nie juis ’n winsgewende belegging nie. Vra enige koerantbaas vandag of hulle gaan ryk word deur ’n koerant elke dag op straat te laat verskyn, en meeste sal uitbars van die lag.

Maar in 2010 het ’n koerantjie die lig gesien en binne weke een van Suid-Afrika se magtigste nuusblaaie geword. Dit het boonop blykbaar sommer vinnig ’n wins begin maak in ’n era waar ander koerante wêreldwyd lesers begin bloei het.

Die grootste belegging van hierdie koerant was sy eienaars se politieke kapitaal. Ministers het tougestaan om in die koerant te wees, die koerant se sake-ontbyte is uitgesaai en staatsinstellings het oor hul voete geval om borgskappe van miljoene te verskaf. Maar uiteindelik ontvou hierdie Gupta-koerant, The New Age, se ongure verhaal die afgelope paar maande stuk-stuk voor die Zondo-kommissie na staatskaping...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.