Hoe lank nog tot Bernie se brander breek?

AMERIKA BY DIE STEMBUS

Hoe lank nog tot Bernie se brander breek?

Bernie Sanders se planne maak die ou ballies in die Demokratiese Party vreeslik op hulle senuwees, skryf ANDRÉ-PIERRE DU PLESSIS.

GRATIS universiteitstoegang, dagga wat gewettig word en geen meer studieskuld. Bernie Sanders beloof al hierdie dinge en meer as Amerikaners hom dié November as president verkies. Die meeste van sy beloftes vry na millennials wat in ’n meerderheid meningspeilings aandui dat Bernie hul keuse is bo die twee vroue, twee biljoenêrs, die voormalige adjunkpresident en die gay burgemeester wat naas senator Sanders probeer om teen Junie die Demokratiese Party se keuse te word om Donald Trump ’n vuishou te gee.

Die week wat kom is maak-of-breek vir die sewe kandidate wat na die presidentskap mik.

Ten spyte van sy lae gewildheidsyfers byt Joe Biden nog vas. In ’n poging om swart stemme te werf het hy ’n wolhaarstorie vertel van sy inhegtenisname in Soweto omdat hy glo op Robbeneiland vir Nelson Mandela gaan kuier het. Michael Bloomberg en sy mede-biljoenêr Tom Steyer hou aan om miljoene op televisie-advertensies te blaas wat probeer om Bernie soos Fidel Castro te laat lyk. Elizabeth Warren se blaf word al hoe harder, al noem Trump haar vir die soveelste keer Pocahontas. Amy Klobuchar mag dalk die Meksikaanse president se naam vergeet het, maar sy gaan nie geïntimideer word deur haar mede-kandidaat Pete Buttigieg wat dit geniet om haar daaroor te spot nie. En dan is daar nog Tulsi Gabbard ook. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.