DIE staat moet R160.2 biljoen oor die volgende drie jaar aan salarisse sny, het die minister van finansies, Tito Mboweni, in sy begrotingsrede gesê. Dis R53.4 biljoen per jaar.
Die nasionale tesourie beplan om die geld oor drie jaar deur kleiner salarisverhogings, pakkette vir vroeë aftrede en die bevriesing van voordele te verkry. Maar hoeveel mense se salarisse in die staatsdiens is dié klomp geld?
Volgens die regering se begroting sal daar ’n geraamde R638.9 biljoen aan salarisse in die nuwe boekjaar, wat op 1 April afskop, bestee word. Daar is ongeveer 1.2 miljoen staatsdienswerkers wat dan vir ons ’n gemiddelde salaris van R532,416 per jaar gee. Oftewel R40,955 per maand, ’n dertiende tjekkie ingesluit. Om te dink dat die nasionale minimumloon R3,900 per maand vir die meeste werknemers in die land beloop...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Ou heffing gaan huisbouers melk