Raai waarom is dié wetsontwerp op 3 Januarie gepubliseer…

GELD IN DIE PUT

Raai waarom is dié wetsontwerp op 3 Januarie gepubliseer…

Die staat gaan nóg R20 biljoen na sukkelende munisipaliteite gooi deur ’n heffing wat voorheen selde gebruik is, oor die land heen te standaardiseer. Ontwikkelaars – en uiteindelik huiseienaars – sal daarvoor moet opdok. JACO VISSER het probeer uitvind hoe dit sin maak.

MUNISIPALITEITE kort geld, het Tito Mboweni, minister van finansies,  in Oktober in die parlement gesê. En nou gaan eiendomsontwikkelaars en uiteindelik voornemende huisbouers vir R20 biljoen gemelk word om die benarde finansiële posisie van munisipaliteite te help verlig. En wie weet wat dít aan plaaslike ekonomiese groei gaan doen.

Die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Fiskale Magte is stil-stil in die somervakansie – 3 Januarie om presies te wees – gepubliseer en Suid-Afrikaners het nou tot einde Maart om te sê wat hulle daarvan dink. Die voorgestelde wet maak voorsiening vir die standaardisering van die reeds bestaande maar selde gebruikte ontwikkelingsheffing.

“Ontwikkelingsheffings word deur munisipaliteite gehef op ’n ontwikkelaar as ’n voorwaarde om aansoeke vir eiendomsontwikkelings goed te keur,” het die nasionale tesourie by navraag gesê. “Hulle word vooraf en eenmalig gehef ten einde die koste te verhaal wat munisipaliteite aangaan vir die verskaffing van infrastruktuur wat nodig is om ’n spesifieke voorgestelde eiendomsontwikkeling te diens.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.