×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Waarom al dié absurde spoke teen Pravin Gordhan opgejaag word

STAATSREDDING

Waarom al dié absurde spoke teen Pravin Gordhan opgejaag word

Die verklaring vir die demoniseringsveldtog teen Pravin Gordhan het alles te doen met sy stryd teen gekaapte ondernemings in staatsbesit as die minister van openbare ondernemings, skryf NATASHA MARRIAN en GENEVIEVE QUINTAL.

  • 14 Februarie 2020
  • Nuus & Politiek
  • 12 min om te lees
  • Artikel 8 van 25
  • Natasha Marrian & Genevieve Quintal

STEL jou voor: Pravin Gordhan as die skurk in ’n James Bond-fliek, al strelende aan ’n enorme kat op sy skoot terwyl hy sy planne bekook om maatskappye in staatsbesit te privatiseer en pres. Cyril Ramaphosa se toutjies te trek. Daar is geen teken van die onversetlike stryder teen apartheid en die aktivis vir vryheid en demokrasie nie.

Pleks daarvan sien ons die vaandeldraer van witmonopoliekapitaal; die vernietiger van swart mense se loopbane. Hy het biljoene in Kanadese bankrekenings en ’n deftige blyplek in die Pretoriase spogbuurt Waterkloof.

Gordhan se bloedlyn ken geen perke nie – hy’s familie van alle Indiërs in Suid-Afrika, veral dié in die regbank. Hy’s agter die skerms die hanteerder van die aanklaerbaas Shamila Batohi, en die meesterbrein agter Suid-Afrika se media. Hy het eens op ’n tyd ’n bose eenheid in die belastingdiens bedryf wat op elke politikus van hier tot in Kaïro gespioeneer het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.