KRISIS OP KRISIS
Covid-19: Implikasies vir ekonomie selfs erger as drie weke gelede
Terwyl die staat van inperking die gesondheidsektor ondersteun, plaas dit die ekonomie doelbewus in die intensiewesorgeenheid, skryf HUGO PIENAAR. Hy verduidelik hoekom ’n noemenswaardige en relatief vinnige ekonomiese herstel ná inperking onwaarskynlik is.

Deel
DIE uitkringeffek van Covid-19 suggereer dat hoewel die groeikoerse van verskeie ekonomiese aanwysers indrukwekkend kan lyk in die aanvanklike nadraai van die gesondheidskrisis, gaan die vlak van algemene ekonomiese aktiwiteit waarskynlik lank neem om terug te beweeg na waar die ekonomie vóór die krisis was.
Om te verstaan hoekom dit die geval mag wees, is dit nodig om vlugtig die wesenlike openbare beleidsprobleem te beskryf wat Covid-19 teweeg bring.
Eerstens het beleidmakers met die grootste wêreldwye gesondheidskrisis in 100 jaar te make. Die algemene raad wat gevolg word, is om ’n staat van inperking aan te kondig om die sogenaamde kurwe van nuwe virusinfeksies te laat afplat. Dit koop vir lande broodnodige tyd om hul gesondheidsektor te staal vir die vlaag van siekes wat kan volg...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Hugo Pienaar
EkonoomPienaar is hoofekonoom van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch. Die rubriek is sy eie mening.