Jy kán Covid-19 vryspring: hier’s hoe

BESTUUR JOU RISIKO

Jy kán Covid-19 vryspring: hier’s hoe

Daar gáát die jakkals toe – ons weet nou die skole gaan stadig begin heropen en die staat van inperking sal binnekort in groot dele van die land verslap word. Al hoe meer mense wat begin rondbeweeg beteken ook al hoe meer kontakpunte vir die virus, maar as jy verstaan hoe corona-infeksies werk, kán jy jou risiko beter bestuur, skryf ANNELIESE BURGESS.

DINSDAGAAND, terwyl Angie Motshekga die nasie vertel het van haar plan met skole, het daar stilletjies 'n Zoom-gesprek plaasgevind tussen die departement van gesondheid en 'n handjievol “senior joernaliste".

Ná weke se toenemende kritiek teen die staat van inperking en 'n al hoe luider stem van die dit-is-nie-so-erg-nie-brigade, het die regering moontlik besluit dit was tyd vir 'n bietjie ontnugtering.

Die konferensie het 'n plofbare toekomsprojeksie oor infeksies, sterftes en Suid-Afrika se algemene gereedheid aan die joernaliste voorgelê. Dit was soos 'n emmer yswater oor die kop vir diegene wat gedink het ons gaan moontlik die ergste golf van die pandemie vryspring...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X