Covid se superverspreiders: ondeurdag en gevaarlik om kerke...

'N SAAK VAN GELOOF

Covid se superverspreiders: ondeurdag en gevaarlik om kerke oop te maak

Kerke, moskees en ander plekke van aanbidding kan op vlak 3 van inperking heropen, het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig. Tog bly strande en parke toe en tabak verbode. Dit het geen sin nie, skryf ADRI KOTZÉ, veral wanneer wetenskaplikes juis nou waarsku dat ons spesifieke geleenthede van superverspreiding moet stop.

DIE vyf buitelanders het nie siek gelyk nie. Drie dae lank in Maart het hulle met oorgawe gebid, gesing en gelag (dink ons) saam met die Suid-Afrikaners wat self in hul honderde van heinde en verre gekom het na dié Vrystaatse kerkbyeenkoms. Geloofsleiers soos die prediker Angus Buchan en die ACDP-leier Kenneth Meshoe het lede van minstens drie kerke toegespreek. 

Maar al vyf toeriste het die coronavirus gehad – en die gebedsaamtrek by die Divine Restoration Ministries in Bloemfontein het een van die onwaarskynlike eerste geleenthede in Suid-Afrika geword wat 'n superverspreider van die virus was.

Claudia Mangwegape, bestuurder van die Rooi Kruis in die Vrystaat, is een van die vrywilligers wat byna oombliklik in 'n woeste wedloop teen tyd was om om al die mense op te spoor met wie die buitelanders in aanraking was, hulle simptome na te gaan en te laat toets indien nodig. Sy het dae lank metodies deur 'n lys name gewerk – daar was oor 'n duisend. (Later het Buchan, Meshoe en die ACDP se Steve Swart ook positief getoets vir die virus.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.