Sigarette vir wolpantoffels

WAAR DAAR 'N ROKIE IS

Sigarette vir wolpantoffels

Werkloosheid weens die inperking, gekoppel met 'n rooklus, het talle Suid-Afrikaners tot ‘misdadigheid' gedwing, skryf Marlise Scheepers, 'n selferkende smokkelaar. Boonop lyk sake maar droewig vir die wettige tabakbedryf.

EK is ’n smokkelaar. Nie net koop en verkoop ek sigarette nie, ek rook dit self. Ek is ook een van die miljoene Suid-Afrikaners wat hul werk tydens die staat van inperking verloor het.

Alles het begin toe ek een oggend tussen die rakke van ’n winkelsentrum vir ’n skoonmaker vra of sy dalk weet waar ek sigarette kan kry. Ek was op my laaste pakkie, en die vorige aand is die verlenging van die inperking aangekondig. Die skoonmaker sê toe op die hoek van so-en-so-straat in Greymont in Johannesburg sit ’n vrou wat sigarette verkoop.

Ek ry soontoe en daar sit die vrou op die sypaadjie op haar swartsak. Ek stop langs haar, maar klim nie uit nie. Ek trek my masker op en draai die venster af. Ek koop vier pakkies sigarette teen R50 elk by haar. Die onbekende handelsnaam kan ek nie onthou nie, maar tuis sê ek bekommerd aan my huismaat dat ons onsself bankrot gaan rook as ek nie binnekort aan die ander kant van die waardeketting kom nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.