’n Breë hergroepering van politieke kragte is ons voorland

’N NUWE LANDSKAP MET CYRIL-INNIE-MIRREL?

’n Breë hergroepering van politieke kragte is ons voorland

Die kans is goed dat daar in die volgende twee jaar 'n fundamentele herrangskikking van Suid-Afrika se politieke partye gaan wees, skryf MAX DU PREEZ.

DIE kiesers se duidelike boodskap aan die ANC is dat die party nie langer vertrou word nie, en as die status quo gehandhaaf word, waarskynlik die algemene verkiesing in 2024 sal verloor.

Daar kan dus verwag word dat die primêre politieke kragte in die aanloop tot dié verkiesing oor die volgende twee jaar vir 'n basiese hergroepering ontvanklik gaan wees.

Die groot wegblystem en die versplintering van die ANC se steun is 'n  simptoom van 'n baie basiese wantroue in die politieke stelsel onder gewone Suid-Afrikaners. Net onlangs het 'n opname van Afrobarometer bevind dat 67% van die land se burgers bereid sou wees om verkiesings prys te gee as 'n onverkose regering beter veiligheid, huise en werk kon verskaf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.