Wegbly-kiesers se middelvinger kelder ANC

VIVA DIE WEGBLYERS!

Wegbly-kiesers se middelvinger kelder ANC

Indien Suid-Afrika in 2024 steeds lyk soos in 2021 – werkloos, misdadig en moedeloos – gaan die nasionale vergadering in die winter van daai jaar 'n president verkies uit die opposisiebanke, skryf PIET CROUCAMP.

DIE verkiesingsuitslae van 2021 is 'n morbiede boodskap vir die ANC, maar vir Cyril Ramaphosa het 1 November sy politieke tuiste se rommelstatus bevestig. Die bevrydingsbeweging se steun het gedaal tot onder 50%. Die idee van 'n Nuwe Daeraad is 'n hopelose hersenskim.

“The sounds of silence” was nog nooit meer donderend as op 1 November 2021 nie. In die townships en informele nedersettings het elke kieser wat besluit het om nié te gaan stem nie, 'n waarskuwende spyker in die kis van Nelson Mandela se ANC ingedryf. Viva die wegblyers, viva!

Die ANC is uiteindelik gekelder deur die wegblystem in apartheid se maatskaplike grafkelders; nie deur die magtige dreuning van opposisiepartye nie. Afrika se oudste bevrydingsbeweging is nie deur haar tradisionele steunbasis verwerp nie, maar deur die swygsame ergernis van die ongeduriges wat daar is om te sien en te hoor vir dié wat ore en oë het. Indien Suid-Afrika in 2024 steeds lyk soos in 2021 – werkloos, misdadig en moedeloos – gaan die nasionale vergadering in die winter van daai jaar 'n president uit die opposisiebanke verkies. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.