SATERDAE by die Wavecrest-hotel aan die Wildekus maak die sjef braaivleis. Dis 'n redelike wilde gedoente met opkapte tamatiekissies en allerhande deurmekaar hout, maar die brosgebraaide tjops en dungesnyde borsvleis wat sommer plek-plek in die dansende vlamme gaargemaak word, is lekkerder as enige braaivleis wat ek al op enige ander plek geëet het. Elke keer as ons daar kom, is ons van voor af verbyster oor hoekom dit so lekker proe. Ek het maar aanvaar dit is die vakansie-atmosfeer en die seelug wat die vleis so lekker laat smaak, totdat die sjef vir ons sê sy geheim lê in “vleisversagmiddel en hoenderspeserye”.
Die “vleisversagmiddel” is toe al die tyd 100% mononatriumglutamaat. MNG.
En MNG is mos basies gif (het ek en die res van die Westerse wêreld tot baie onlangs vas geglo). Ons eie Woolworths is al jare op die geen-MNG-in-ons-kos-reklamewa, waar hulle dit op dieselfde vlak as tartrasien en azo-kleurstowwe plaas – kunsmatige bymiddels wat nadelig vir mense se gesondheid is...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Maak self van furikake tot za’atar