POLITIEKE NOTABOEK | A Better Life for All – sterwende kinders ...

SEEPGLADDE LUX

POLITIEKE NOTABOEK | A Better Life for All – sterwende kinders en weeldemotors

MAX DU PREEZ skryf oor die ANC se spandabelrigheid tydens hongersnood, Naledi Pandor se diplomatieke voetwerk oor Oekraïne en die Stryd van die Ego’s tussen Julius Malema en Nhlanhla Lux Dlamini.

TWEE nuusbrokkies dié week weerspieël die ware gesig van die ANC-regering: Sewe Oos-Kaapse kinders het in Januarie weens akute wanvoeding gesterf; en die regering het R20 miljoen op nuwe luukse motors vir die kabinet geblaas.

Voeg sommer by dat die regering vandeesweek sy R50 miljoen-skenking aan Kuba probeer regverdig het, en dat die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling laas week bevestig het dat hulle nie R67 miljoen wat vir die mees kwesbare gesinne in die provinsies (soos die ouers van die dooie kinders) bestem was, bestee het nie en aan die tesourie moes teruggee.

Wat sê dit van 'n relatief welvarende land wat sy kinders aan honger laat sterf? Dit is afgryslik, skandalig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.