Die MKP het nié die ANC van sy sondes verlos nie

GEEN SANITASIE

Die MKP het nié die ANC van sy sondes verlos nie

Ons moet daarteen waak om nie in 'n vlaag van RNE-forie die korrupsie van die ANC saam met die MKP en die EFF onder die mat in te vee nie, skryf PIET CROUCAMP. Bitter min van die sondaars het saam met dié partye uit die moederparty vertrek

“I will not vote for them [the ANC]; they have done a bad job addressing inequality, violence, and corruption."
– Desmond Tutu

'n PAAR weke gelede is ek en een van Cosatu se woordvoerders, Matthew Parks, deel van 'n gesprek op Newzroom Africa oor die ANC en die uMkhonto weSizwe Party (MKP). In die program noem ek dat Suid-Afrikaanse vakbonde inderdaad berge versit het vir die regte van werkers, maar nog eendag die energie moet vind om iets vir die regte van werkloses te doen. Parks het my laat begaan, maar hy kon en wou seker die punt maak dat my begrip van vakbonde die wind-op stank van 'n bevoorregte kapitaaleienaar dra.

Dit is egter Parks se skaamtelose poging in die gesprek om die ANC se onlangse verlede te suiwer deur te argumenteer dat die korruptes binne die party nou uiteindelik almal 'n nuwe politieke tuiste in die MKP gevind het en dat die ANC nou 'n beter plek is, wat my aan my eie asem laat stik het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.