40 dae wat die wêreld verander het

SA MOET NUWE PAD VORENTOE VIND

40 dae wat die wêreld verander het

Dit is nou net meer as 40 dae sedert Donald Trump weer president van Amerika geword het. In daardie 40 dae het hy die wêreldorde fundamenteel verander – en nié ten goede nie, skryf die ontleder JP LANDMAN in sy maandelikse nuusbrief.

WAARSKYNLIK een van die mees betekenisvolle Amerikaanse diplomate van die afgelope 50 jaar, Henry Kissinger, het eenkeer opgemerk: “Om ’n vyand van Amerika te wees is gevaarlik, om ’n vriend te wees is fataal." Dit was nog nooit so waar soos nou nie.

Van Oekraïne tot daardie mees lojale van alle bure, Kanada; van Europa tot die miljoene mense wat deur USAid-finansiering aan die lewe gehou word; van die Midde-Ooste tot Suidoos-Asië, almal kan nou getuig van die diepgaande akkuraatheid van Kissinger se woorde.

Trump skeur ooreenkomste en verhoudings op wat oor dekades gebou is. Hy het die Noord-Amerikaanse handelsooreenkoms met Kanada en Mexiko in sy eerste termyn heronderhandel. Nou beweer hy dit was 'n slegte ooreenkoms en klap eenvoudig 25%-invoertariewe op albei. Die verbreking van ooreenkomste skend vertroue, respek en mag. Die “reëlsgebaseerde internasionale orde" wat die Amerikaners so graag verkondig, is by die venster uitgegooi. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].