Wat maak jy met my data, Popi?

BESKERMING TEEN MISBRUIK

Wat maak jy met my data, Popi?

Wat word van al die persoonlike inligting wat jy met groot maatskappye soos Apple, Google of Microsoft deel? Teken jy jou siel weg? Word jou huis Apple s’n wanneer jy vergaan? Darem nie, maar dis oor vrese soos dié dat Suid-Afrikaners se persoonlike data sedert 1 Julie deur ’n nuwe wet beskerm word, skryf MARCÉ BESTER.

JY gly jou mes opgewonde deur die dun plastiek waarin die boksie van jou nuwe selfoon toegedraai is. Jy skakel die foon aan, sit jou e-posadres en wagwoord in en kliek “Aanvaar” oral. Wie lees ooit al daai bepalings en voorwaardes?

Sekere dele van die langverwagte Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, oftewel Popi, wat reeds in 2013 in die parlement voorgelê is, het uiteindelik op 1 Julie in werking getree. Ondernemings wat data insamel en berg, sal veral moet seker maak dat hulle aan die nuwe wet voldoen. Doen hulle dit nié binne ’n sekere tydperk nie, kan die verantwoordelike persone met tot R10,000 beboet word, of selfs tronkstraf kry.

As hierdie vaagweg ’n klokkie lui, is dit omdat Europa verlede jaar ’n soortgelyke regulasie  ingestel het, die General Data Protection Regulation oftewel GDPR...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.