Ruimtestasies: poorte na die diepste vertes van die heelal

VAN SALYUT TOT AXIOM

Ruimtestasies: poorte na die diepste vertes van die heelal

’n Blink toekoms wink vir ruimteverkenning, meen ANDRÉ PIENAAR nadat hy die lansering van die nuutste sending na die Internasionale Ruimtestasie bygewoon het.

AS kind wat in Suid-Afrika grootgeword het, was ek mal oor flieks en televisieprogramme oor die ruimte. Soos Buck Rogers in die 25ste eeu, Flash Gordon, Thunderbirds Are Go, Battlestar Galactica en Star Wars.

Snags het ek ’n klein verkyker gebruik om die hemel bo die Oos-Kaapse kus te deursoek. In my kinderoë het die sterre soos helder gepoleerde diamante op ’n donker fluweeldoek met belofte geglinster. Min het ek geweet dat ek eendag self ’n aandeelhouer in ’n ruimtestasie sou word.

Wat toe wetenskapfiksie was, is nou werklikheid. Die Internasionale Ruimtestasie (ISS) is die tweede helderste voorwerp in die naghemel. Dit vat ’n oornagvlug om by die ISS uit te kom; drie dae tot by die aarde se maan en sewe maande tot by Mars. Nasa het twee onbemande ruimtetuie wat reeds buite ons sonnestelsel in die interstellêre ruimte vlieg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.