Wees bevrees, die deepfakes is tussen ons

FONDAMENTE VAN WANTROUE

Wees bevrees, die deepfakes is tussen ons

Die dreigendste onmiddellike gevaar wat generatiewe kunsmatige intelligensie inhou – ’n disinformasie-aanslag – het amptelik in Suid-Afrika geland, skryf WESSEL VAN RENSBURG.

DUDU Zuma-Sambudla se onlangse uitreiking van 'n kru vervaardigde video wat na bewering wys hoe pres. Donald Trump die MK Party onderskryf, lui die aankoms in Suid-Afrika in van wat baie beskou as die dreigendste onmiddellike gevaar wat generatiewe kunsmatige intelligensie inhou: 'n aanslag van disinformasie deur sogenaamde diepvervalsings (deepfakes).

In 'n jaar wat deur talle verkiesings regoor die wêreld gekenmerk word, wemel dit van voorbeelde. 'n Uitstekende voorbeeld tydens die onlangse voorverkiesings in New Hampshire is hoe 'n vals botoproep ('n geoutomatiseerde telefoonoproep met 'n opgeneemde boodskap) met pres. Joe Biden se stem kiesers aangemoedig het om nie te gaan stem nie, wat die verraderlike potensiaal van hierdie tegnologie benadruk.

Daar was 'n tyd toe die gedrukte media en uitsaai-infrastruktuur die openbare mening kon swaai en aansienlike politieke mag aan partye kon besorg. Met die koms van sosiale media het die uitoefening van sulke beheer baie meer kompleks geword...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.