EK was lanklaas verlief op ’n boek. Ek sit saam met my vriend die afgetrede argitektuurprofessor vir lafenis by Labotessa in die Kaapstadse middestad, terwyl die nuwe jaar meedoënloos indreun. Ek erken aan my liewe vriend dat ek in die vakansie stilletjies verlief geraak het op Olga Tokarczuk se The Empusium: A Health Resort Horror Story. Ek noem dat die inspirasie vir die roman en die primêre interteks, dus, Thomas Mann se Der Zauberberg / The Magic Mountain is. My vriend vertel dít is die boek waarvoor hy in die donker 1960's deur die apartheidspolisie by die Lesotho-grens gearresteer is, toe ’n eksemplaar daarvan in sy kattebak ontdek is. Nóú is ek smóórverlief op The Empusium.
My beste vriend, wat die hand jare gelede suksesvol aan ’n Afrikaanse roman gewaag het en baie meer van die ins and outs van die letterkunde as ek weet, is skepties: Thomas Mann 100 jaar later in die wêreld van 2025? Hoe kan so iets suksesvol (uit)werk? Ek herinner hom aan hoe baie hy gehou het van Colm Tóibín se aangrypende, onvergelykbare onlangse roman oor Mann, The Magician, én van Tokarczuk se International Booker-seëvierende Flights (waaroor ek minder gaande was – té barok in aanslag vir my). Hy sê oukei, hy gaan The Empusium ’n kans gee.
Nie net ’n kortstondige fling nie..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
'N SPA-GRUWELVERHAAL
’n Horror junkie het die skoot hoog deur
Wanneer laas het jy verlief geraak op 'n boek soos JACO BARNARD-NAUDÉ oor Olga Tokarczuk s'n?
Deel
EK was lanklaas verlief op ’n boek. Ek sit saam met my vriend die afgetrede argitektuurprofessor vir lafenis by Labotessa in die Kaapstadse middestad, terwyl die nuwe jaar meedoënloos indreun. Ek erken aan my liewe vriend dat ek in die vakansie stilletjies verlief geraak het op Olga Tokarczuk se The Empusium: A Health Resort Horror Story. Ek noem dat die inspirasie vir die roman en die primêre interteks, dus, Thomas Mann se Der Zauberberg / The Magic Mountain is. My vriend vertel dít is die boek waarvoor hy in die donker 1960's deur die apartheidspolisie by die Lesotho-grens gearresteer is, toe ’n eksemplaar daarvan in sy kattebak ontdek is. Nóú is ek smóórverlief op The Empusium.
My beste vriend, wat die hand jare gelede suksesvol aan ’n Afrikaanse roman gewaag het en baie meer van die ins and outs van die letterkunde as ek weet, is skepties: Thomas Mann 100 jaar later in die wêreld van 2025? Hoe kan so iets suksesvol (uit)werk? Ek herinner hom aan hoe baie hy gehou het van Colm Tóibín se aangrypende, onvergelykbare onlangse roman oor Mann, The Magician, én van Tokarczuk se International Booker-seëvierende Flights (waaroor ek minder gaande was – té barok in aanslag vir my). Hy sê oukei, hy gaan The Empusium ’n kans gee.
Nie net ’n kortstondige fling nie..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Dora en die duisternis deur Winterbach
Om jou kastele in Spanje te sloop
Bakens in 2024 se leeslandskap
Bundels wat met ’n digter se hart praat
Vat jy aan die mot se vlerke …
Deel
-
Deel
Jaco Barnard-Naudé
AcademicJaco Barnard-Naudé is a professor of law philosophy at the University of Cape Town.