Betottelde Brit is niemand se held nie

KERNEELS LEES WYD

Betottelde Brit is niemand se held nie

KERNEELS BREYTENBACH is mateloos beïndruk deur die eerste boek wat hy vanjaar gelees het.

BEN KOENIG is betotteld. Eintlik mal, maar dis so ’n lelike, beledigende woord. Op sy dag was hy ’n US Marshal. Deesdae is hy ’n alleenlopende moordmasjien wat aan die kant van reg en geregtigheid en goeie vermaak baklei.

M.W. Craven is die skrywer wat Ben Koenig vir lesers in die lewe gebring het. Eers in Fearless (2023), en nou in Nobody’s Hero. ’n Roman so meesterlik aanmekaargesit dat dit ’n boekbemarker se wet dream sal wees. Ek skat dit gaan ook in baie skryfskole dien as voorbeeld van presies hóé ’n speur- en aksieroman geskryf behoort te wees.

Craven is ’n Brit. Oudsoldaat, later maatskaplike werker. Hy het die trauma van aflegging besweer deur romans te skryf. Eers twee stories oor Avison Fluke, ’n speurder wat misdadigers in Cumbria vervolg. Fluke was duidelik nie vir hom interessant genoeg nie, want hy het die reeks ná twee boeke afgesluit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.