HISTORIESE ROMANS
Volksmoordenaars, monsters en spioene
Soms moet 'n mens boeke lees in genres wat jy geglo het jou nie aanstaan nie – want al wat 'n mens van 'n boek kan vra, is goeie skryfwerk wat jou na ander wêrelde transponeer, meen DEBORAH STEINMAIR.
HISTORIESE ROMANS
Volksmoordenaars, monsters en spioene
Soms moet 'n mens boeke lees in genres wat jy geglo het jou nie aanstaan nie – want al wat 'n mens van 'n boek kan vra, is goeie skryfwerk wat jou na ander wêrelde transponeer, meen DEBORAH STEINMAIR.
Deel
ÊRENS het ek myself wysgemaak ek hou nie van historiese romans nie. Ek wil lees oor die hier en nou, het ek gedink. Dis nie waar nie. Ek het dié week twee romans gelees wat in die 1930’s en 1960’s afspeel. Dit was ’n ander, eenvoudiger wêreld wat ek nog ten dele geken het – sonder selfone en die internet. Maar mense was nog altyd mense en fassineer my eindeloos.
Die werk wat ek nou doen en waaruit ek baie vreugde put, dwing my om allerlei boeke te lees wat ek eens sou opsystoot. En dis 'n openbaring, soos hierdie twee boeke.
Die eerste, The Silence In Between, speel in Oos-Berlyn af, tydens die Tweede Wêreldoorlog, toe dit nog net Berlyn was. Dis moeilik om te glo dis Josie Ferguson se debuut. Haar stem, karaktertekening en stelinkleding is trefseker. Die koue vrees, verskrikking en ontsetting van oorlog word in die fynste besonderheid geskets; sirenes wat loei, bomme wat val, strate vol puin. Honger, desperate mense wat mekaar verraai vir ’n karige rantsoen. Dis moeilik om te glo dit gaan nou, amper ’n eeu later, nog net so in die wêreld...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Huis wat weg is of miskien nooit was nie
God se toweragtig verganklike fratsappelkoos
Die son word klein, daar’s roes in die klawer
Hoe later hoe kwater, op ’n druppel water
Fucking was ’n dorpie in Oostenryk
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.