Om te skree en niemand luister nie

DONDERDAG-DIREK MET HANLIE GOUWS

Om te skree en niemand luister nie

Wat word van al die goed wat die land se oorwerkte, onderbetaalde joernaliste dag ná dag oopvlek en opdis, vra HANLIE GOUWS.

DAAR is ’n boef in ons buurt wat binne sekondes ’n elektriese motorhek van sy spoor af kan lig. Dan hol hy weg en kyk of iemand gesien het. As niemand uitkom nie en geen sirenes loei nie, glip hy vinnig by die oop hek in en gryp wat hy kan.

Hy is onder meer weg met die bure onder in die straat se twee baie duur stootwaentjies en die seuntjie oorkant die pad se fietsie. (Hy is ’n baie lang, maer man en die video van hom wat daai fietsie trap met sy knieë omtrent by sy ore is nogal vermaaklik.)

So anyway. Hy is nou minstens drie maal op ons sekuriteitskameras gevang en hy doen geen moeite om sy baie prominente, erg herkenbare gesig te versteek nie. En hy bly terugkom in die helder daglig. Drie keer in twee weke. 12:30. 11:25. 16:30. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.