FYNPROE
Nettie Pikeur vat ’n man kombuis toe
As die man in jou lewe skaars ’n eier kan bak, laat hom dié rubriek deur onse NETTIE PIKEUR lees. Sy kan selfs ’n kind van 10 leer coq au vin maak! Kom nou, cowboy, laat haar ’n slaggie lê en lees terwyl jy die kombuis invaar.
FYNPROE
Nettie Pikeur vat ’n man kombuis toe
As die man in jou lewe skaars ’n eier kan bak, laat hom dié rubriek deur onse NETTIE PIKEUR lees. Sy kan selfs ’n kind van 10 leer coq au vin maak! Kom nou, cowboy, laat haar ’n slaggie lê en lees terwyl jy die kombuis invaar.
Deel
METEENS is daar ’n nuwe man op die horison. Hy is gestewel en gespoor nes ’n cowboy van ouds, maar die stewels en spore kry gedaante in ’n nuwe waardering vir Pierneef, Sandveldstoele wat hyself restoureer, ’n holle lag as jy praat van Moët & Chandon, en hy kan nie net ’n babadoek omruil nie, maar die dingetjie se pap ook aanmaak en dit in sy mond stop.
Maar dit is sover sy kookkuns strek. Onse nuwe man het ’n diep verborge geheim: Hy kan ’n keurige maaltyd in ’n restaurant bestel, maar hy kan not ’n damn kook nie. Hy weet nie wat is grasuie en tiemie en soutvleis en wat maak jy met lewer nie.
Bedaar, sir. Het ek jou nie al vertel Mies Pikeur kan ’n kind van 10 leer coq au vin maak nie? Ek gaan jou binne ’n paar eenvoudige lesse leer kook. Hier val ons dus met die deur in die interessantste deel van die huis. Kyk, ek aanvaar jy het ’n kombuis: stoof, yskas, ’n skoon tafelblad van minstens anderhalwe meter by 50 cm. Jy het ook lopende water en nog belangriker, ’n yslike stapel koerantpapier. Want dit gaan jou lewe vergemaklik...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelNettie Pikeur
RubriekskrywerNettie Pikeur is Vrye Weekblad se oorspronklike kosskrywer.